Jannie
Julle ken vir Jannie, die klein kak wat in al die Jannie-grappies
verskyn: RAAI WATTER KIND IS JANNIE
Eks Oraait
‘n Boer, Piet, was in ‘n motor ongeluk.
In die hof, is die vervoer maatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra.
“Het jy, op die ongeluks toneel, gesê: “Ek’s orraait!” vra die prokureur.
Piet: “Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwa gelaai en…”
Prokureur val hom in die rede: “Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag.”
Het jy, op die ongeluks toneel gesê: “Ek’s orraait!” Ja of nee?”
