A Positive Speech

Posted on April 11th, 2008 in A bit more serious by RV

POSITIEWE TOESPRAAK:


Die skoolhoof van St Stithians, Dave Knowles, het onlangs die volgende toespraak aan die seuns gelewer.

Ek wil vandag bietjie tyd daaraan spandeer om terug te kyk oor die laaste twee of drie maande wat ons as ‘n land moes deurgaan. Sommige noem dit die post-Polokwane-sindroom na aanleiding van wat in Desember by die ANC se nasionale konferensie gebeur het - ‘n uitslag wat baie as negatief sal beskou.

Om tot hierdie negatiewe gevoel by te dra, sit ons met die elektrisiteitskrisis, wat nou gesien word as ‘n gevolg van swak beplanning deur die regering en ook so bestempel deur President Mbeki in sy staatsrede in die parlement, toe hy die land om verskoning gevra het.

Wat ons verder onderkry, is die hoër wêreldwye olieprys, hoër rentekoerse in Suid-Afrika en die begin van ‘n wêreldwye resessie, veral in Brittanje en Amerika, met hulle reuse behuisingskrisis. En om alles te kroon sit ons nog met die huidige misdaadsituasie en negatiewe koerantberigte.

So dis nogal maklik om in ‘n groef te verval van negatief voel en dink oor ons land.

In 1948 het Alan Paton sy bekende boek, “Cry the beloved Country”, geskryf en daardie titel is miskien vandag steeds, 60 jaar later, van toepassing – vanselfsprekend vir verskillende redes. Hoe reageer ons as passievolle Suid-Afrikaners op hierdie atmosfeer van verslaentheid?

Wel, ek kan nie vir julle praat of sê wat om te dink nie, maar ek kan vir julle my opinie gee. Eerstens vra ek nie om verskoning vir die feit dat ek passievol Suid-Afrikaans is nie.

Kom ek deel die volgende met julle: Ek is nie in Suid-Afrika gebore nie, maar in Oos-Afrika (ek het op sewejarige ouderdom hierheen getrek), so om ‘n egte Suid-Afrikaner te word, was vir my ‘n keuse. Dit was ‘n keuse wat ek in die middel tagtigs gemaak het – ‘n verskriklike tyd vir Suid-Afrika. Die land was in onrus, ons het sanksies gehad, ‘n baie lae ekonomiese groei, die land was bankrot, ‘n burgeroorlog het gedreig, daar was bomme in skole, onluste in die townships, en jong mans – baie so oud soos ek – het geveg en doodgegaan op ons grense. Gedurende daardie tyd het ek ‘n Britse paspoort opgegee vir ‘n Suid-Afrikaanse een.

Baie mense sal sê dis dwaas. Dan moet dit maar so wees.

Ek het dié besluit nog nooit berou nie.

Hoekom nie? Nie net omdat Suid-Afrika so ‘n pragtige land is nie, maar omdat ek in die land se mense en in God se plan vir ons geglo het. Dit is reg bewys toe die 1994-wonderwerk gebeur het. En dit was ‘n wonderwerk.

Almal van julle wat hier sit – matriek en jonger – is of gebore in die jaar van Madiba se vrylating in 1990, of daarná. En die meeste van ons Graad 8’s is ‘vrygeborenes’ – gebore in 1994 of later en wat ‘n voorreg is dit nie!

As ‘n passievolle Suid-Afrikaner, is daar ‘n paar dinge wat my woedend maak:-

Die hoë geweld- en misdaadsyfer wat so baie van ons geraak het – baie van julle wat hier sit.

As volwassene wil ek namens alle volwassenes aan ons jeug om verskoning vra omdat ek glo ons nie genoeg doen om julle te beskerm nie.

Ek raak woedend as ek swart skole besoek en sien hoe min hulle het en hoe swak sekere van die onderrig is.

Ek raak woedend omdat daar steeds ongelooflike armoede en ‘n Vigspandemie in ons land is.

En ek word woedend omdat daar dikwels onbekwaamheid in sosiale en dienslewering is.

Maar die feit dat ek woedend oor hierdie kwessies raak, maak my nie minder passievol oor Suid-Afrika nie.

Ek word veral woedend omdat sommige van ons leiers geen morele waardes het nie – hetsy dit ‘n regter, die top-polisiemanne of top-politici is.

Vir my gaan dit nie daaroor of hulle in die hof skuldig bevind word of nie. Volgens my moet leiers nie eers van ‘n sweempie korrupsie verdink word nie. Selfs daardie sweempie bring ‘n leier se karakter onder verdenking en dan moet die persoon volgens my die eerbare ding doen en bedank.

Julle sien, om ‘n leier te wees beteken om ‘n uitdeler te wees – ‘n boodskapper en draer van hoop.

En dit is ons werk – myne en joune – om draers van hoop te wees. Omdat ons in hierdie skool glo dat almal kan en sal lei en omdat ek glo in die talent en potensiaal van die jong mans wat voor my sit, glo ek in daardie hoop.

So is ek optimisties? Ja.

Ek kan nie glo dat ná alles wat ons as ‘n nasie deur is, God se plan vir ons ‘n tweede Zimbabwe-situasie is nie.

Ja, ek is optimisties omdat ek glo dat ons hier in Suid-Afrika mense het wat hierdie uitdagings te bowe kan kom.

Stuart Pennington, skrywer van die boek en webwerf “South Africa: The Good News” skryf verlede week:

“Ek is verstom deur die duisende Suid-Afrikaners wat alles gee om minderbevoorregtes te help.”

In daardie stelling sal ek die volgende persone insluit: Eerlike polisiemanne, hardwerkende verpleegsters en onderwysers en almal wat aan gemeenskapsdiensprojekte werk.

Ja, ek is optimisties omdat ek weier om te glo dat ons kan voortgaan om deur ‘n kriminele minderheid gevange gehou te word. Ja, ek is optimisties omdat ons dapper en taai is – as mense en as ‘n nasie.

Ja, ek is optimisties omdat ek glo dat die uitdagings wat voorlê, oorkombaar is terwyl ons oorlog verklaar teen armoede, misdaad en korrupsie.

Kom ons kyk na sommige feite wat nie altyd deur die media uitgelig word nie.

Soos ons weet, fokus die media dikwels op die slegte nuus, want slegte nuus verkoop.

So, as dit by die ekonomie kom, moet ons onthou dat ekonomieë in sirkels werk: Groei beteken meer uitgawes, die ekonomie oorverhit en dan is daar ‘n aanpassing (of resessie) wat normaal is.

Dit het al voorheen in Suid-Afrika gebeur – en dit was al erger – en dit sal weer gebeur. In 1989 kon die SA-regering nie daarin slaag om sy skuld te betaal nie, die aandelemark het ineengestort en die rand het ook.

In 1998 was rentekoerse op 25%. Is ons vandag beter af? In baie opsigte is ons.

In die 1980’s was die groeikoers 1%.
In die vroeë 1990’s was Suid-Afrika tegnies bankrot – wat gebeur as die nasionale skuld meer as 3% van die GDP is. In 1994 was dit 9%.
Tydens die Mandela-jare het ons ‘n 2% ekonomiese groei gehad.
Vir die laaste sewe jaar was dit 5%!
Volgende jaar – 4%, ten spyte van ‘n wêreldwye resessie, oliepryse en die elektrisiteitskrisis.
JSE – 2001 – op 8000 punte en almal was verheug; 2007 – 30 000 punte (alhoewel groei nou bietjie afgeneem het).
Platinum – op met R5000 per ons sedert Januarie.

Hier is ‘n terloopse gedagte – met die kragonderbrekings word daar minder platinum gemyn, maar dit wat oorbly, gaan nêrens heen nie en terwyl dit onder die grond bly, styg die prys steeds!?

Wat het nog gestyg?-

Sakevertroue (tot Januarie).
Werkskepping is op.
Die getal huise wat gebou is – op.
Toeriste wat ons besoek – op.

Voertuigverkope:
20 000 per maand in 2001 – almal was verheug!
30 000 per maand in 2007.

Kyk na ons begroting, soos onlangs bekendgemaak deur Trevor Manuel. Belastinginkomste het van R188 miljard in 2000 opgeskiet na R660 miljard in 2007!

Terselfdertyd het hy persoonlike belasting gesny en dit sonder om enige geld te leen.

Individuele belastingkortings, d.w.s. geld wat aan belastingbetalers terugbetaal word:-
In 2006 is R12 miljard rand aan individue terugbetaal.
In 2007 R8.4 miljard.
In 2008 R7.2 miljard – tydens ‘n sogenaamde resessie!

Geld wat vir armes se behuising begroot is, is meer:-
2000: R9 miljard.
2007: R51 miljard.

En ons het 2,6 miljoen huise sedert 1996 gebou.

Ja, daar is uitdagings:

Eskom is een van hulle en daar is nou ‘n 2c-heffing op elke kilowatt/uur. Maar dink hieraan:·
Elektrisiteit was goedkoop; nou betaal ons bloot meer·
Ons het voorheen kragonderbrekings gehad. In 1981 was daar vir 18 ure landwyd geen elektrisiteit nie.·
Ons is nie die enigste land wat kragonderbrekings het nie: So ook New York en Sjina (Tydens die Sjinese Nuwejaar vanjaar is 12 miljoen mense in die duister gelaat.)

Daar is ander uitdagings:·

Die wêreldolieprys het van $60 per vat in 2007 tot $90 gestyg en dis nie besig om te daal nie.

Ons sit dalk binnekort met ‘n soortgelyke situasie as in die Verenigde Koninkryk waar hulle R15 per liter brandstof betaal.·

MIV/Vigs is nog ‘n groot bekommernis – dit is blykbaar in orde om R17 miljard rand op die Sokker Wêreldbeker te spandeer, maar minder geld word vir die bekamping van dié pandemie opsy gesit.

So wat is ek besig om te sê?

Ja, daar is baie vrese, bekommernisse en uitdagings, MAAR daar is ook baie om oor positief te wees.

Daar is geen maklike oplossings of antwoorde nie en 2008 gaan ‘n moelike jaar wees.

Maar dit het in die verlede ook al swaar gegaan en ons is daardeur – die jare van oorvloed, soos ook 2010 – is weer op pad.

So wat moet ons doen?

Emigreer? Dalk die wesenlike opsie vir sommige, maar ek is altyd hartseer as ek hoor mense verlaat die land. Maar waarheen? Is dit gewaarborg dat dit net maanskyn en rose aan die ander kant van die draad gaan wees?

Of moet ons onsself staal, kreatief begin raak en aktief begin raak as die “nuwe” Suid-Afrikaners?

As ek praat van “kreatief”, bedoel ek die volgende: Daar is ongelooflike geleenthede hier en ons is nou meer bewus as ooit, veral van sekere ekonomiese en omgewingskwessies.

Om twee voorbeelde te noem:-

As daar weer ‘n kragonderbreking is en jy nie jou e-posse kan lees, rekenaarspeletjies kan speel of TV kan kyk nie, wees bly, want dan kan jy eerder met jou familie of kollegas gesels.

Wat die omgewing betref, is hier ‘n voorbeeld van kreatief wees: Waterbeskikbaarheid was nog altyd ‘n kwessie in SA. Maar het jy geweet dat die gemiddelde huis 120 000 liter, in die vorm van reënwater, jaarliks van sy dak laat afloop?

Om kreatief te wees, beteken om optogte te hou, briewe te skryf of petisies op te trek vir dit wat vir jou belangrik is.

Die volgende is ‘n uittreksel uit “African Wisdom” van Lanette Hattingh en Heinrich Claassen getiteld The Ostrich Wisdom: Where is your head?

As jy ‘n terugslag beleef, is daar twee opsies waaruit jy kan kies: Jy kan jou kop soos ‘n volstruis in die sand begrawe en hoop dat die probleem sal verbygaan of jy kan regop staan en die probleem kop eerste aanpak.“

We have one freedom inside us that nobody can take away, the freedom of reaction/attitude in any given circumstance.” (Viktor Frankl, the psychologist & concentration camp survivor.)

Our reaction to a setback will determine if we are going to stay with our heads buried in the sand or look up and do something about it.

When storms of life pour down on you, it’s what happens within you that will determine what happens to you.

You have Mr Positive and Mr Negative doing constant battle in your head. Guess who wins? The one you feed the most! If your head is in the sand you can only see the dark and Mr Negative will thrive. To see the light, you must look up.

When you are knocked down, be sure to land on your back, because if you can look up, you can get up.” (Nelson Mandela)

If you are an ostrich and have never faced a setback, you need to learn these facts about solving problems first:·

Face it! Confront the problem and get the picture clear. ·

Rake it! Work through your denial, aggression or depression around the problem. ·

Make it! Look up, stand up and take action.

Al bogenoemde is waar, want net soos wat die son modder laat hard word en waks laat smelt, kan beproewings ons maak of breek.

Ten slotte voel ek sterk daaroor dat ons moet:·

Positief wees.

Ophou kla.

Negatiewe grappe moet ignoreer wat deur mense uitgestuur word om jou net so sleg soos hulle te laat voel.

Die goed in mense raaksien.

Lojaal wees aan hierdie pragtige land van ons.

En glo in God se plan vir ons.

Een ding wat ek weet, is as ek nie daaraan werk om die lewe te lei wat ek wil lei nie, ek sal moet ly deur die lewe wat ek kry.

‘n Laaste gedagte:

Matthew Lester skryf ‘n rubriek in die Sunday Times. Hy is ‘n professor in Belasting by die Rhodes Universiteit en ‘n raadgewer vir Trevor Manuel.

Hy sê die volgende: “Suid-Afrika is my lewe – dit was nog altyd en sal altyd wees.”

Amen daarop.

‘n Gebed vir ons land:

Ons Hemelse Vader
U weet presies hoeveel elkeen van ons U nou nodig het
Gee dat ons land se leiers asseblief onder U leiding sal optree
Ons vra dat U U hand oor ons en oor ons land sal hou
En verligting sal bring van die misdaad en ander struikelblokke wat ons tans ondervind
Ons is trots daarop en bevoorreg om in hierdie pragtige land te kan bly
Pas ons asseblief op en gee vir ons vrede en vooruitgang
We are proud and privileged to live in this beautiful country
Look after us and bring us peace and prosperity.

(Dave Knowles, Skoolhoof van St Stithians in Johannesburg )

Post a comment

You must be logged in to post a comment.