Kindertjies
Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders
is onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog
van stilsit. Haar moer koer en sy trek van die pad af, wiks die twee
goed, sit hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer ‘n woord Hoor nie.
Na so paar minute sê Die seuntjie: “Mamma ek wil iets sê”
Sy sê: ” Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly”
Sê hy: “Ek wil net vir Mamma sê, Jesus gaan hiervan hoor!”
**************************************************
Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my
Driejarige ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.
“Ma, jy is besig om vet te word” sê sy ondiplomaties.
“Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het ‘n babatjie wat
In my maag groei” probeer ek skerm.
“Ek weet,” sê sy ” . . . Maar wat groei in mamma se boude?”
***************************************************
My dogtertjie was so 3 jaar oud gewees. Ouma het by ons gekuier vir die
Naweek. Toe ouma die oggend gaan stort, is die kleinding ook in die badkamer om
Met ouma te gesels.
Die volgende oomblik kom sy met ‘n spoed uit die badkamer gehardloop en
Skree : Mamma, Mamma kom kyk!.
Ek het geskrik en saam met haar badkamer toe gehardloop.
Toe ons daar kom, sit ouma op die toilet en aantrek. Sy wys na haar ouma
En sê opgewonde : Mamma, kyk net ouma se groot tietiebottels.
************************************************
Geheim.
Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek.
“Die geheim is,” sê hy ” . . . Is om eers seker te maak dat die hakkie
Van die een Kant mooi in die ander pas!”
Sy seuntjie kyk hom met ‘n frons aan en vra “Hoekom moet dit ‘n geheim Wees?”
**********************************************************************
Daniël in die leeukuil
Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae
voor die gewone diens ‘n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël in
die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:
“En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil !”
Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy
Haak kliphard af: “So ‘n bliksem!”
[ Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie..
Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers
Gevra om asseblief nie die kind Pak te gee nie want hy was die enigste
Een wat regtig geluister het! ]
**************************************************
My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel
Toe sy haar derde enetjie verwag.
Sy sê toe dat pappa ‘n saadjie in haar geplant het en dat die babatjie
Uit daardie saadjie groei.
Met ‘n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige “Toe pappa my
Saadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?”

Post a comment
You must be logged in to post a comment.