Lag so bietjie
Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, ‘Ons het hier met ‘n baie lelike ding te doen.’
Man sê: ‘ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders’.
***************************************************
Koos vry sy meisie, sy raak bietjie meegevoer en fluister in sy oor:
‘Koos soen my op ‘n lekker plek.
Koos sê: ‘Not a hell, ek ry nie nou Loftus toe nie!
***************************************************
Wat is ‘n suiwer Afrikaanse woord vir Cleavage?
PRAM-POORTJIE!
***************************************************
Tannie vang oom met Playboy: “En wat is dit die?”
“Ag, ou vrou, dis soos ‘n Getaway tydskrif, ‘n mens sien die mooiste plekke waar jy nooit sal kom nie!”
***************************************************
AVBOB ADVERTENSIE:
Koop jou gat nou en sien hom later!
***************************************************
Ma, Pa en vertraagde Jan ry in die wildtuin rond. Jan se venster is oop. Die volgende oomblik storm ‘n volstruis op hom af en pik hom blou.
Na 5 minute van stilte se Jan: “Fokken duif!”

Post a comment
You must be logged in to post a comment.