Namakwaland se korrel

Posted on January 27th, 2010 in Afrikaans by admin
So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar 'n oom en antie.
Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku
die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat
sy bes moontlik nie nog 'n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie
skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig
die antie laat dood nie.

Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid
broei in hulle. Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se
kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol.   Na ‘n rukkie is dit stil en
hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer. “Jy keek
vi my,”sê hy. “Ja,”   sê sy,   “ek keek vi jou.”    “Nou maar hoekom
keek jy vi my?” vra hy.    “Ek dink” sê sy.  “Nou maar wat dink jy so
innie laatnag?” vra hy. “Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom
sjee”

Technorati Tags:

Post a comment

You must be logged in to post a comment.