So gaan jy gevang word as jy lieg

Posted on January 25th, 2010 in Daily Humour by admin

Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels.
Die een meisie muis haal ‘n foto van haar muis kêrel uit en wys dit vir haar vriendin.
Dis ‘n pragtige seun muis met donker strepe oor sy breë skouers.
“Sjoe, maar hy’s nogal ‘handsome’!”, se die vriendin.
“Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk”, se sy terwyl sy ‘n foto uit haar handsakkie haal.
“My moer maar dis dan ‘n vlermuis!” sê die ander vriendin verbaas.
Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit:
“Die bliksem!!!! En hy vertel al die tyd vir my hy’s ‘n pilot……!!!!”

Post a comment

You must be logged in to post a comment.